MEER OOR DIE OUTEUR VAN “WISKUNDE ANIBRAND”

Hi, My naam is Annie Bothma
Ek is reeds vir 30 jaar betrokke by Wiskunde-onderrig vir graad 8 tot graad 12 leerders. Die afgelope 12 jaar is ek verbonde aan Hoërskool Die Wilgers in Pretoria, waar ek jaarliks een groep van elke graad in Wiskunde onderrig.
Annie Bothma van Wiskunde_Anibrand
Met die aanvang van die nuwe KABV sillabus in 2007
het ek begin om al my notas vir my Wiskunde-onderrig elektronies saam te stel en het dit saam met ‘n dataprojektor gebruik om my klasse aan te bied. In 2011 het ek die graad 8 tot graad 12 Notaboeke voltooi asook Antwoordboeke vir elke graad met volledige, verduidelikende antwoorde vir alle huiswerk probleme in die Notaboeke. Hierdie Notaboeke en Antwoordboeke is nou beskikbaar as gewone boeke en e-boeke.
Omdat ek elke jaar met al die grade werk,
kon ek maklik ‘n eenheid skep sodat die opeenvolgende grade se notas mekaar sinvol opvolg. Verder stel dit my ook in staat om konstant my notas te verbeter, soos wat ek dit in die klassituasie as nodig ervaar. My notas is nou so volledig en werk so suksesvol, dat ek geen ander materiaal vir my Wiskunde- onderrig benodig nie.
My naam is Annie Bothma van Wiskunde_Anibrand
Vanaf 2014 het ek die Notaboeke ook in 'n Werkboek uitgawe omskep
deur blanko bladsye by sekere afdelings soos Grafieke, Meetkunde, Analitiese Meetkunde en Statistiek in te voeg sodat leerders die probleme van hierdie afdelings binne in die Werkboeke by die sketse kan doen. Hierdie Werkboek uitgawe is ideaal vir gebruik deur skole vir alle Wiskunde leerders.
Op aanvraag van my leerders,
het ek Teorieboeke saamgestel vir graad 10, 11 en 12 leerders. Hierdie boeke bevat 'n volledige opsomming van alle teorie en bewyse wat leerders vir die eksamen moet ken. Hierdie boeke is beskikbaar as boeke en e-boeke.
Ek het ook Vraestelboeke met volledige, verduidelikende antwoorde
vir elke graad voltooi, wat uitstekende voorbereiding bied vir leerders in die Junie-, September -(graad 12) en November eksamens. Hierdie boeke word jaarliks met nuwe vraestelle opgedateer en is beskikbaar as gewone boeke en e-boeke.
Wiskunde_Anibrand - Annie Bothma
Vanaf 2017 gebruik alle Wiskunde leerders
van Hoërskool Die Wilgers die volledige pakket van Wiskunde Anibrand boeke (Werkboeke, Antwoordboeke, Teorieboeke en Vraestelboeke) met uitstekende resultate.
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram